You are not logged in Login now
Skade wat die onlangse veldbrande in veral die Oos-Vrystaat aangerig het, word op sowat R45 miljoen geraam. Dis luidens 'n verklaring van die Vrystaatse Landbou departement. Volgens voorlopige skattings is 47 000 hektaar landbougrond, 253 hektaar kontantgewasse, 63 beeste, 845 skape, nege perde, talle hoenders en 120 stuks wild deur die vlamme verswelg. 600 km grensdrade, 22-duisend bale voer, vier ton mielies en drie-en-'n-half kilometer waterpype het ook in die slag gebly. Die departement is steeds besig om die skade volledig te bepaal sodat hulpverlening so spoedig moontlik kan begin.
Intussen sê Vrystaat Landbou se Dan Kriek dat boere van regoor die provinsie reeds hande gevat het om hul kollegas te help. Hy sê voer word steeds dwarsdeur die provinsie ingesamel en van die bale is reeds uitgedeel. Kriek meen dis noodsaaklik dat boere spesifiek hierdie week en oor die volgende twee maande bystand ontvang om hul vee te red. Hy sê die Krantzfontein-omgewing naby Bethlehem het die ergste deurgeloop en boere daar het baie hulp nodig. Die weerdiens het ook weer vandag gewaarsku dat toestande vandag en moontlik ook oor die naweek sal voorkom wat tot weghol veldbrande kan lei.
Die skade wat die afgelope week tydens opstande op die Mafikeng kampus van die Noordwes Universiteit aangerig is, beloop meer as R1 miljoen. Universiteitswoordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteitsbestuur het vanoggend besluit dat die kampus weer op die 15de van vandeesmaand vir studente sal heropen. OFM-Nuus se Alani Janeke doen verslag.Intussen is geen verdere voorvalle aangemeld op die Sentrale Universiteit vir Tegnologie se Welkom-kampus nie. Die polisie moes gister met rubberkoeëls ingryp toe 'n groep studente ontevrede was met die uitslag van die studenteraadsverkiesings. Een student is in hegtenis geneem.
Met 22 uur oor voor die afskop van een van die grootste Curriebeker wedstryde die seisoen in Bloemfontein, is daar nog 7 000 kaartjies vir môre se kragmeting beskikbaar. Die huidige kampioen, die Vodacom Vrystaat-Cheetahs, speel om drie-uur teen Westelike Provinsie op Vodacompark in die Rosestad. Piet de Necker van die Vrystaatse Rugbyunie sê, hulle hoop vir 'n vol stadion.Westelike Provinsie het die Vrystaat-Cheetahs in die eerste ronde van die Curriebeker-reeks, met 9-6 op Nuweland in Kaapstad geklop.
Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.
Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0773
Users Online: 1328
x2: 1011.08 | 1019.98