Category: Stuff, Anything & Everything (Back to category)

WOMF Rating:

Lochlogan kroek ons!!!!

Die naweek is ek en my man oppad Kimberley toe en besluit om by Lochlogan Waterfront te stop en vir ons Mac Donalds te gaan koop. ons stop ook toe sommer by daai oop parkering daar naby die Mac Donalds en die flieks.

Ons is op die kop 11:05 daar in en ons kaartjie gekry en alles! Binne 'n half uur is ons weer uit - so die parkering is mos GRATIS want dit is binne 'n halfuur! Nee Aikona scan die kaartjie ons moet R4 betaal vir die parkering en toe ek mooi op die kaartjie kyk is die tyd op die kaartjie 12:05. So daai Parkeer betaal punt se tyd is met 30 min voor en ek weet nie of kom iemand dit agter nie, maar dink net as hulle omtrent 100 mense net op Sondag daar betaal het wat veronderstel was om gratis te parkeer het Loglochan dan R400 rand gescore wat hulle nie veronderstel was om te doen nie!

Sies ek skaam my om te dink so groot plek maak so met hulle kliente!!!

Respond Share This Posted 19 Aug 2008 (1507 Views)
Nina-2

Rank 7.7

Ai

Asof die lewe nie al duur genoeg is nie. Nou moet hulle mens nog kom crook met parkeergeld ook! A nee a. Dis 'n skande!

Posted 19 Aug 2008 by Nina-2

purley

Rank 7.13

Hel thanx

Ek gaan oplet daar voor en as hulle my verneek sal ek gaan kla en dit onder hulle aandag bring, sies vir hulle....
Ek weet die Mall is gtatis binne n half uur

Posted 19 Aug 2008 by purley

lolsacha

Rank 5.33

Purley & Nina 2

Jong ek wou so graag kla maar my man hou nie daarvan as ek kla nie. Ons was net voor dit by Mimosa Mall ook net ook vinnig by Game in en ons het minder as 'n half uur daar en het nie betaal nie so hulle (mimosa) hou by hulle belofte maar ek sal nie sommer weer Loghlogan toe gaan as dit is hoe hulle besigheid doen nie!

Lekker dag vir julle en hou julle oge oop vir die kroeks!

Posted 20 Aug 2008 by lolsacha

Nina-2

Rank 7.7

lolsacha

Ons vroumense mag maar kla! En jy het goeie rede gehad! Hulle het julle ingedoen, en dis skelm en verkeerd. So ek dink regtig in daai geval sou daar niks fout wees as jy bietjie die mense gaan reghelp het nie. Ek sou self vir jou lekker vies gewees het. Maar al is jy nou daai paar rand kwyt, ten minste weet ons nou om op te let vir sulke dinge! So, thanks vir die kla hier op womf!

Posted 20 Aug 2008 by Nina-2

ROST

Rank 0

Lochlogan en Kloppers

Nou die dag toe stop ek ook by die parkering daar naby die flieks. Ek weet nou dat ek net 30 minute se gratis parkeering het, maar ek moet iets by Kloppers koop. Ek doen my ding by Kloppers. Op pad by Kloppers uit laat ek toe my parkeer kaartjie "scan" sodat ek afslag op my parkering kry omdat ek by Kloppers gekoop het, Met die wete dat ek nou my kaartjie ge"scan" het deur Kloppers vat ek toe my pad stadig terug na my kar. Waar ek 30 minute gratis kry plus die tyd wat ek afslag kry omdat ek by Kloppers gekoop het, kom ek toe een minute na my 30 minute gratis by die kar . Raai wat? Ek moes betaal vir daardie een minute. My 10 jarige seun het net gese "haaikonna" Kloppers of die Waterfront "kroek" ons. So mense "check" asb die twee op as julle daar "shop", ons word "gekroek" deur die twee instansies. Die ergste van al is dat die verlenge tyd van een minuut was ook nog veroorsaak omdat ek na 'n ander meter moes loop omdat die meter naaste aan die parkeering naby die flieks was al wees buite werking. Ons word "gekroek" Kloppers en Waterfront, die publiek gaan julle "check"

Posted 20 Aug 2008 by ROST

bogus

Rank 0

Die rykes word ryker

ja-nee, dis meer as net kroek, dis onmenslik. Ek verstaan jou kar word nou veilig gehou en als, maar dis rediculous om so baie te betaal vir parkering. In JHB betaal jy nie vir parkering by die malls en sentrums nie, jy het dus meer geld om in die winkels te spandeer of vir kos. Wat die ergste is, is dat die mense wat die Waterfront besit, besit amper al die hele Bfn en NOG STEEDS wil hulle elke sent wat hulle uit n mens kan squeeze, ook nog hê! Dis inhalig.

Posted 21 Aug 2008 by bogus

vickydup

Rank 0

Word wakker.

Ek wens net partykeer dat mense wat so gou wil kla oor iets hulle feite agter mekaar kry voor hulle hulle eie gevolgtrekkings maak en dan daaroor wil kla. Die parkering by Loch Logan behoort aan FEDERAL PARKING!!!!!!!! en nie aan die Georgio trust of dan Loch Logan soos almal van julle dink julle weet nie. Kla by Federal Parking!!!! Los die waterfront uit en gaan koop by brandwag of northridge, julle sal nie daaroor kan kla nie want daar is NIKS om oor te kla nie. Kry julle feite agter mekaar.

Posted 21 Aug 2008 by vickydup

lolsacha

Rank 5.33

Vicky Dup Saal af ons bly by die huis!!!!

Jong, saal af daai perd ons bly by die huis, of as jy nie wil afsaal nie, moet net nie jou perd by Logh Logan se FEDERAL PARKING park nie, want die 30 min wat hulle gratis bied is onsin!

Anyway Vicks ons het nie soveel insig en kennis oor Loch Logan of FEDERAL PARKING soos jy hulle noem nie so ons vertrou dat jy die boodskap sal oordra... en hoekom so op jou perd spring en weghol????

die was 'n ordentilke gesprek gewees en maak nie saak aan wie wat behoort nie dit wat hulle sê en doen stem nie ooreen nie! FREEDOM OF SPEECH

Die punt is al behoort die parkering nie aan Loch Logan nie dit is masjiene wat op hulle perseel geinstaleer is en hulle het die reg om te weet dat hulle (Logh Logan) se kliente nie gelukkig is nie en dat hulle kan klandiesie verloor!

Toevallig liewe Vicks huur ons ook by die Georgio Trust en SUPRISE ek is nie eens in Bloem nie ek is in Goudveld so ek sal maar by die Georgio's my klag lê oor FEDERAL PARKING.

Sies maar jy is bitter oor Bloem en brandwag en northridge. shame dit moet erg wees om so bitter te wees!

Any case! have a great day and remember do not count on your 30 min free parking!!!

Posted 21 Aug 2008 by lolsacha

csauser3547

Rank 0

Parkeergeld Crooks

Pasop maar vir Klerkdorp City Mall se nuwe meters, hulle is lyk my dieselfde as Lochlogan sin...

Posted 21 Aug 2008 by csauser3547

toenie

Rank 0

Loch Logan Waterfront Parkering

Ons, as Loch Logan Waterfront, is jammer om te hoor van die insident en wil u graag die versekering gee dat ons dit as 'n baie ernstige saak beskou en dit ons volle aandag sal geniet.

Ter verduideliking van die pakering die volgende:

Alle areas in die parkeergarage word deur Federal Parking bestuur. Hulle bestuur ook ander sentrums in Bloemfontein (Middestad Sentrum, Mimosa Mall, Rosepark en Mediclinic Hospitale) en in die res van die land (Ceder Square, Jhb), en die sisteem en pryse wat hulle gebruik is oral dieselfde. Die betaalpunte word daagliks nagegaan om te verseker dat sulke voorvalle nie gebeur nie. Ons wil versoek dat die persone wat hul ongelukkigheid uitgespreek het, ons asseblief moet kontak met meer details oor die voorvalle.

Daar is van ons ander sentrums in Bloemfontein waar ons nie parkeergeld vra nie, maar dit is vir oop parkering. Waar daar egter onder dak parkering bestaan, vorm dit deel van die diens wat aan die publiek verskaf word om die uitstappie na die sentrum so gerieflik en aangenaam te maak.

Ons sal die negatiewe kritiek gebruik en verbeter waar nodig en ons vertrou dat wanneer enige onaangenaamhede sou opduik, u ons sal laat weet om te help in ons strewe na die beste moontlike ervaring vir die publiek.

Die Loch Logan Waterfront Bestuur

Posted 21 Aug 2008 by toenie

Respond

We have two main rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't advertise
  2. Don't use defamatory comments

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.


Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0757
Users Online: 1782
x2: 1016.61 | 1029.79