You are not logged in Login now
Ek het vandag besluit om aan te sluit. My naam Zatopek, my bynaam Zet!
My pa het baie jare gelede net voor my geboorte met hierdie naam van die Angolese oorlog gekom! Ek moet bieg, ek hou van my naam!
Ek boer met vee en is in my dertigs en steeds alleen!
Vandag net n gedig aan almal van Jan F E Cilliers
My vuurtjie en ek is op wag-
my vuurtjie en ek alleen;
die awend ster wink al van ver
en die velde slaap omheen
En stadigies sterf die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat
Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan-
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.
My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindelose ruim met my,
ensy stemmetjie dwaal
soos n deuntjie wat draal
om dae lank verby,
om jonkheids blye more
en laggies lank verlewe
Dab voel ek n traan
in my oe staan
en ek fluister: "Heer vergewe!"
Hallo, hallo! Jy het omtrent 'n besonderse naam! Ek moet bieg ek is bietjie dom met wat digters aldag probeer sĂȘ met hulle skeppings...
Maar ek hoop jy gaan dit geniet om te womf! As hierdie gogga bytkry aan jou, suig hy behoorlik vas!
En ons laaik van boertjies, so baie welkom. Wie weet, dalk kry jy 'n boervroutjie om jou geselskap te hou!
Posted 18 Aug 2008 by Nina-2
baie welkom hier en dig maar voort ons laaik dit kwaai!
Posted 18 Aug 2008 by Theunsie
PS: Ek is bly jy't nou die groot stap geneem en amptelik "aangesluit"! Nou moet jy nie net view nie, maar laat loop met die postings. En moenie skaam wees nie!
Aan julle ander "roofkykers". Kom join ons en praat saam!!!
Posted 18 Aug 2008 by Nina-2
dus.... welkom hier by ons en ons hoop jy gaan meer gesels as view!
By the way - Jan F Cilliers is 'n gunsteling afr. digter!
Hoop ons hoor meer van jou!
Posted 18 Aug 2008 by KittyCat
Dankie! Jy moet maar lees met gevoel!
Ek gaan nie sommer bedags womf nie, hierdie is toevallig aangesien ek nou eers my middagete kom eet het! Saans sal ek graag saam gesels.
Die vrouding - ek moet nog baie soek!
Posted 18 Aug 2008 by Zatopek
welkom hier,met so n naam moes jy seker al van kleins af leer baklei,hehe
Posted 18 Aug 2008 by bastardo
Ek dog ek is die enigste een wat van gedigte hou...!
Baie welkom. Mag jy werklik n goeie bydrae tot die forum lewer.!
Posted 18 Aug 2008 by One2Tell
jammer ek het nou eers tyd gekry om bietjie te krap op womf en op jou posting afgekom, baie baie welkom by womf hoop jy gaan lekker saam met ons womf en ek kry die meeste van die tyd ook net in die aande tyd om te womf, partykeer by die werk in die dag as die baas nie in die kantoor is nie want ons moet 'n laptop deel.
Posted 18 Aug 2008 by maggievanwyk
Ek's self 'n ou wat nou eers gejoin het. Ek het net nie geweet daar is soveel mense wat die moeite doen om na 'n topic te staar soos 'n tarentaal vir 'n weerlig straal en dan heel stom geslaan verder te staar.
Maar dis seker soos dit in die lewe gaan almal op die kantlyn maar deel neem is min
Posted 21 Aug 2008 by bearings
Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.
Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0754
Users Online: 1064
x2: 1042.26 | 1055.54