You are not logged in Login now
Dit is darem belaglik om te sien hoe baie emosies daar is oor die Reitz-sluiting wat sopas plaasgevind het. Ek lees die berigte vanoggend in die koerant, en dit grens aan lagwekkendheid, om te sien hoe emosioneel baie van die skrywers is.
Mense, word net 'n bietjie wakker, ons is in 2008, in 'n demokratiese land, waar daar nie plek is vir 'n regs-afrikaanse koshuis met khaki hemde en blou pt-broeke wat aan die orde van die dag is nie. Die UV het die regte besluit geneem om die koshuis te sluit en dit moes al 'n paar jaar van te vore gebeur het.
Is hierdie optrede nie uniek aan die afrikaners, wat vashou aan die verlede en nie wil aanbeweeg nie. Daar is soveel ongelooflike dinge wat ons by betrokke kan raak, eerder as om te fokus om die negatiewe - of 'n instansie wat regtig nie tot bevordering van enige opvoedingsproses is nie.
Ek hoop die stof gaan le nou een keer oor Reitz - en die UV bestuur word eerder ondersteun in hulle moeilike taak om studente op te voed - wat opsigself nie 'n maklik taak is nie.
dit is onregverdig dat sekere bevolkings groepe mag vas hou an hul geskiedenis en doen net wat hul wil, en as die afrikaner boere dit wil doen is dit rasisme!
die land is oortrek van rasisme...dis net omgedraai. demokratisie land...ek dink nie so nie.
Posted 12 Aug 2008 by cat
is nie so eenvoudig soos wat jy dink nie.
Dit gaan nie so erg oor die sluiting van die koshuis nie, maar oor die motivering vir die besluit.
Dis net weer 'n geval van mense wat agteroor buig om sekere groepe tevrede te hou. En dit ten koste van ander!
in hierdie sogenaamde "domokratiese" land van ons, word net sekere groepe se belange beskerm.
Posted 12 Aug 2008 by wilre2
Wat is fout daarmee as hulle kakie hemde en blou PT broeke dra? Maak dit hulle nou rassisties?
Ek weet nie of jyself in 'n universiteitskoshuis was nie, maar mens raak mos maar vreeslik geheg aan so plek! Ekself het ook by Kovsies geswot, en as mens lees van hierdie negatiewe dinge wat daar gebeur, dan ruk my hart eintlik om te dink dit gebeur daar waar ek een van die beste tye van my lewe gehad het.
Om nou te moet hoor, die plek waar jy gebly het, en jou studentwees uitgeleef het, moet toemaak oor 'n simpel video, sal natuurlik emosies ontlok! Dit was daai oud studente se HUIS vir minstens 3 jaar. Dit sal mos hartseer wees vir hulle.
Dit help nie mens leef in die verlede nie, dis waar. Maar gun die mense hulle hartseer. Ek dink hulle mag maar bietjie treur. Een van hulle gewese tuistes is tot niet...
Posted 12 Aug 2008 by Nina-2
bokvelletjie aantrek en begin dans, is dit rasisties? Amper soos 'n blanke in 'n kakie hemp. HALLO!!!!!!
Hou op om alles op rasisme te blame! Die woord maak my naar. Almal doen verkeerde dinge: Wit, swart, pienk en pers maak nie saak van velkleur. Dis net tyd dat elke ou verantwoordelik gehou word vir wat hy doen en nie almal wat dieselfde velkleur as hy het nie!
Al die blankes se geskiedenis moet weggegooi word omdat dit nie meer cool is om blank te wees in ons land?
Wel ek is trots om 'n blanke te wees en niemand het die reg om ons geskiedenis te steel net soos ek ook nie wil hĂȘ die Sotho's, Tswanas of enige ander persoon se geskiedenis moet weggeneem word omdat een of twee persone verkeerd optree nie.
Dis belaglik!!!!!
Posted 12 Aug 2008 by Nelli
ons land eerder tyd en aandag daaraan bestee om misdaad te bekamp eerder as om te probeer om ander se verlede te laat verdwyn.
Ek dink hulle het 'n reg om te kla oor die reitz sluitings. Jy sou ook kla as dit iets was wat vir jou belangrik is wat hulle wou wegvat.
Posted 12 Aug 2008 by Grieta
Mense, julle oorreageer alweer - is 'n instansie soos Reitz belangrik - gaan praat met studente wat nie op Reitz is nie - ek praat nie van swart studente. Almal sal vir jou se hoe 'n groot onding Reitz op kampus is en watse vrees daar ingeboesem is by ander studente.
Ek is ook 'n trots Suid-Afrikaners, maar gaan wragtag waar nie my trots op wie ek is op Reitz se waardes en standaarde bou en mee assosieer nie. Ek dink daar is 'n handjie vol broederbonders wat hierdie sentiment deel.
Posted 12 Aug 2008 by Almamater
Die media het hierdie hele ding uit verband geruk.
Ek as ou kovsie is BAie ongelukkig oor die besluit.
Mense maak foute en ek se nie dit was nie verkeerd nie,maar doen liewer so iets drasties aan ander sake in die land,nou fokus die hele land op die klein koshuis wat niemand eers van geweet het nie,maar na alles weet almal nou daarvan. Maak n ophef oor misdaad,verkragting ens. Dis mos baie erger!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted 13 Aug 2008 by Karra
Doen jouself n guns en gaan vra van die studente op kampus hoe hulle daaroor voel. Doen dit werklik,jy sal verbaas wees!!!!!
Reitz manne, ons gaan julle mis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted 13 Aug 2008 by Karra
Jy is clueless. Natuurlik was die verspreiding van die video so gereel dat dit saamval met die faal van die gedwonge koshuis integrasie.Lyk my jy is ook van die wat agteroor buig (of is dit vooroor) om die ander ter wille te wees.Word wakker . Kovsies gaan n Engelse universiteit word. Dit is waarvoor nou gewerk word. Selfs ou Prof Verschoor besef dit nie eens nie. Hy dink sy werk is veilig. Maar hy kan seker aftree as die k&k die fan strike. Ek voorspel dat die volgende aanslag teen Potch gaan wees. WATCH THIS SPACE !
Posted 13 Aug 2008 by andres
wat van toe die video kla gewys was toe die nie blankes die karre met klippe gegooi het en als gebreek het wat ons wit mense sin was dit is seker nie rasisties nie of wat is dit
Posted 13 Aug 2008 by drikus
Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.
Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0809
Users Online: 2388
x2: 835.56 | 836.66
Host ID: H5AB3-5CC0B1-B055CFDD7E