Category: Stuff, Anything & Everything (Back to category)

WOMF Rating:

SEWE WOMFERS BLAAS HUL LAASTE ASEMS UIT!

"SEWE DUIWELS DOOD!"
Sonder enige nuusberig of koerantberig is hulle begrawe!

Ek wil graag n huldeblyk aan hulle doen!

BOMBOM, jy was die perfekte aandagtrekker en jou ma se oogappel!
HERB, jy was n introvert wat baie aan jou kant gehad het, selfs Sokkies was lief vir jou!
KRUIELAT, jy moes instaan vir Herb maar in die proses het jy baie dames aan jou voete gehad, jy was n mooi ding!
EISHH, ek was altyd baie jammer vir jou!
ERMIA, jy was n rissiepit en het op almal se tone getrap!
CLIVIA, jy was vernoem na plante in die tuin, in volblom gaan hulle nou en jou koppie sal daar neergele word!
SAGITA, jy moes jou uitleef as die sterreteken van die Boogskutter maar jy kon dit nie regkry nie!
Julle laat n leemte in die Womf samelewing en sal altyd gemis word!
Ek wil graag hierdie stukkie aan julle opdra!

THERE ARE NO FRIENDS LIKE OLD FRIENDS
TO CALM OUR FREQUENT FEARS,
WHEN SHADOWS FALL AND DEEPEN
THROUGH LIFE'S DECLINING YEARS;
AND WHEN OUR FALTERING FOOTSTEPS
APPROACH THE GREAT DEVIDE,
WE'LL LONG TO MEET THE OLD FRIENDS
WHO WAIT ON THE OTHER SIDE!

Respond Share This Posted 11 Aug 2008 (1541 Views)
Nina-2

Rank 7.7

Huhh?

Waantoe gaan die 7 dan???

Posted 11 Aug 2008 by Nina-2

Nina-2

Rank 7.7

Jomari

Ek wonder nou net. Jy't by rugby gesê jy gaan womf los. Nou sê jy die spulletjie gaan ook nou almal waai.
Was jy hulle almal ook???

As dit so is, dan, sjoe, ek's sprakeloos. Dan was jy flippen uitstekend! En het jy ons verseker almal gebol!
As jy ons dan nou verlaat, dan verlaat die helfde van die womfers ons. Neeeeee!

Was jy regtig al hierdie "mense"? Come to think of it, het enige iemand van julle enige van bogenoemde 7 se name of e-mail adresse? Ek het nie..... Ek het net Jomari s'n.....

Posted 11 Aug 2008 by Nina-2

Nelli

Rank 8

eks ook nou

weer verlore. wat gaan aan?

Posted 11 Aug 2008 by Nelli

JOMARI

Rank 8.72

Hi almal!

Ek was al hierdie karakters in n routydperk van een jaar!
Ek bly nou noord van die Jukskeirivier en het vreeslik vreeslik verlang na Bloemfontein. Ek het hulle geskep om my deur die trauma te kry!
Hierdie week is ek n jaar hier en moet myself rigting gee en begin fokus!
Moet nooit die fout maak wat ek gemaak het nie....die gras is nie groenner aan die ander kant nie!
Die Vrystaat is waar my wortels is en ek sal elke dag baie verlang!
Elke dag het ek aan myself gese, as ek net n jaar terug geweet het wat ek nou weet, nou kan ek nie meer nie!
Jy kan nooit van jou herinneringe wegharloop nie, hulle gaan saam en nog baie meer!

Posted 11 Aug 2008 by JOMARI

wilre2

Rank 8.42

Ek verstaan nie eintlik .....

wat jy probeer sê nie.
Die klompie is maar nog hier rond.
Hulle lê net laag, soos wat jy ook maar op 'n stadium gedoen het.
Ek is meer bekommerd oor Bastardo en Python da op hulle klip.
Wonder of hulle afgeval het?
Ons hoor dan niks van hulle nie!

Posted 11 Aug 2008 by wilre2

Nina-2

Rank 7.7

Jomari

Goeie genugtig. Jy was regtig goed.

Ek is jammer om te hoor dat dit vir jou so moeilik is daar ver van Bloem af. Ek hoop regtig dat dit somehow vir jou beter sal raak, en dat jy sommer baie gelukkig sal wees.

En ek moet jou bedank! Want jy't darem regtig vir ure se plesier gesorg! Ek kan dit nogsteeds omtrent nie glo nie... Sjoe!

Dankie vir die waarskuwing. Ek sal nou maar eers goed besin voordat ek ander kant die draad gaan weiplek soek.

Ek hoop jou routydperk is nou verby, en dat jy die goeie memmories van Bloem sal onthou, maar nou sal bou aan fabulous nuwe memmories daar waar jy nou is.

Alles wat mooi is word jou toegewens uit die diepte van my hart!

Posted 11 Aug 2008 by Nina-2

Nelli

Rank 8

WOW,

Nou is Womf leeg! Want twee derdes van die "womfers" was een mens en is almal nou met een slag weg. Wonder of al die wat oorbly ook net een mens is? Is dit dan net ek wat nie onder 'n warboel name womf nie? Moet sê jy het ons almal op hol gehad met Kruielat se foto.

Posted 11 Aug 2008 by Nelli

KittyCat

Rank 7.04

My responses wil nie wys

nie, wat is dit nou weer vandag met WOMF? Askies as ek dalk meer as een Response het, ek was netnou uitgegooi!

Posted 11 Aug 2008 by KittyCat

KittyCat

Rank 7.04

Was jy al sewe?

en indien wel, vertel ons bietjie - HOEKOM??

Dit sal nogals interessant wees om te hoor, ek gaan ook bleddie vies wees want dan was ek 'n rat voor die oë gedraai, en nie net ek nie, ons almal.

Vertel bietjie, sal graag beter wil verstaan!!

Ek gaan eerlik wees, ek vertrou nie maklik nie en as iemand ander rolle vertolk, vertrou ek nog minder.........

Posted 11 Aug 2008 by KittyCat

KittyCat

Rank 7.04

Al sewe was jy?

Hoekom?

'n Routydperk van 1 jaar en jy speel ander rolle? Hoe het dit jou enigsins gehelp?
As ek dink aan Bombom se woede uitbarstings, Herb se trooswoorde, Eissh se sagte antwoorde, Ermia en Sagita se bitsigheid, was dit almal jy?

Ek dink jy het 'n groot probleem Jomari en jy sal miskien moet hulp kry......

Het jy ons vir die gek gehou, was die rolspeling 'n speletjie, of soos jy sê net 'n rou proses?.

Wie was jy nog? BLOU-OOG ook?

Ek vertrou nie maklik nie, en as iemand rolle speel vertrou ek nog minder.
Is daar nog van ons WOMF maats wat rolle speel? Hoe sal ons nou ook weet????

Posted 11 Aug 2008 by KittyCat

Respond

We have two main rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't advertise
  2. Don't use defamatory comments

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.


Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0832
Users Online: 1358
x2: 1016.64 | 1029.8